In die klassie skep ons 'n huislike en liefdevolle omgewing, waar elke peuter die geleentheid kry om optimaal te ontwikkel. Die hooffokus in die peutergroep is die ontwikkeling van sosiale-en motoriese vaardighede asook taal.
Elke peuter kry die geleentheid om hulle ontwikkelingsmypale op hulle eie tyd te bereik. Hier leer peuters om daagliks roetine te volg. Wanneer die tyd reg is, sal die personeel ook begin met potjie-opleiding. Hierdie is ‘n baie spesiale en belangrike mylpaal.