In die Eendjieklas (Graad RR-klas) beleef ons 'n liefdevolle en veilige omgewing met die vryheid om te kan leer. Klim-en-klouter, op ons tone loop, op een been spring en balanseer is maar net 'n paar van die goed wat ons leer hoe om ons lyfies te beweeg. Hier leer kleuters om takies op hul eie aan te pak. Ons is selfstandig tydens badkamer roetine, trots op ons werk en wat ons doen en neem verantwoordelikheid vir ons aksies.