Ons klaskamers is modern, ruim en goed toegerus om te verseker dat elke kind in elke fase en ontwikkelingsmylpaal sy/haar volle potensiaal kan bereik. Ons speelgronde is 'n kinderparadys en sorg vir emmers vol pret! Kleurvolle, kindervriendelike en ruim speelgronde is 'n uitbreiding vanuit ons klaskamers. Dit stel voortgesette leer voor om dit te kan verseker terwyl u kind speel en verken. Ons bied 'n wye verskeidenheid toerusting en speelareas aan om by te dra tot ons holistiese benadering van kinderontwikkeling.
InligtingstukOns goed opgeleide personeel en assistente en passievol oor die daaglikse versorging en opvoeding van elke kind wat in ons sorg geplaas word.
Hierdie deel van die program beteken dat die kleuters by 'n verskeidenheid aktiwiteite betrokke is en onder toesig van die onderwyser kan deelneem.
01Elke kind word by die naam genoem en bywoning word geneem. Ons open met gebed, sing aanbiddingsliedere en ‘n kort boodskap uit die Bybel.
02Dit is 'n belangrike deel van die program waar kleuters geleer word om die toilet selfstandig te gebruik en goeie maniere aan te leer.
03Hier kry ons te doen met ons temabespreking, weerkaart, uitstappies, sang- en musiekaktiwiteite, bewegingspeletjies, persepsie, wetenskap, ensovoorts.
04Kleuters hou van stories, maar die onskatbare waarde van taalontwikkeling, emosionele vrystelling en luistervaardighede word uitgebrei.
05Elke week se leermateriaal-tema word uitgestal. Leermateriaal en moeilikheidsgraad verskil tussen ouderdomsgroepe.
06Hierdie aktiwiteite leer die kleuter sekere vaardigheidstegnieke, sodat hy/sy met die materiaal tot sy beskikking die tegniek kan bemeester.
07Die onderwyser sal u in kennis stel wanneer die klas gaan bak-en-brou. Die kleuters geniet dit terdeë. Bestanddele van die huis af word soms benodig.
08Vind by die tafel plaas. 'n Rustige atmosfeer word geskep om rustig te eet. Tafelmaniere en gesonde eetgewoontes word bevorder.
09