Ons leer om 'n bietjie meer selfstandig te word en om dinge vir onsself te probeer doen. Ons leer van deel, om jou beurt af te wag, “dankie” en “asseblief” te sê en algemene goeie maniere. Gedurende klastyd kry ons die geleentheid om met opvoedkundige speelgoed te speel wat ons vingers, hande en skouers sterk maak en help met ontwikkeling. Ons speel, lag en word vuil terwyl ons die wêreld ontdek, beleef en geniet. Kleuters word aangemoedig, geprys en gehelp om die regte keuse te maak en te groei tot die jong kleuter wat hy/sy kan wees. Elke kind KAN!