In die Pandaklas beoefen ons ons selfstandigheid. Ons leer ook hoe om dinge vir onsself te probeer doen. Ons leer van deel, om jou beurt af te wag, “dankie” en “asseblief” te sê en algemene goeie maniere. Slaap, eet, badkamer en buitespeel vorm deel van hul daaglikse roetine waaraan die kleuters blootgestel word. Kleuters voel veilig as hul weet wat gaan volgende gebeur.
Ons speel, lag en word vuil terwyl ons die wêreld ontdek, beleef en geniet. Kleuters word aangemoedig, geprys en gehelp om die regte keuses te maak en te groei tot die jong mensie wat hy / sy kan wees.