images
3-4 Jaar

Panda klas

Sien ons vereistes

In die klassie leer ons om 'n bietjie meer selfstandig te word. Ons leer ook hoe om dinge vir onsself te probeer doen. Ons leer van deel en jou beurt afwag, dankie, asseblief sê en algemene goeie maniere.

Slaap, eet, badkamer en buitespeel is deel van hul daaglikse roetine waaraan die kinders blootgestel word. Kleuters voel veilig as hul weet wat gaan volgende gebeur.

Ons speel, lag, word vuil, terwyl ons die wêreld ontdek, beleef en geniet. Kleuters word aangemoedig, geprys en gehelp om die regte keuse te maak en te groei tot die jong mensie wat hy / sy kan wees.